Ons staan almal op die drumpel van ’n nuwe jaar en kyk met verwagting uit na wat voorlê in 2015.

Vir jou wens ons ’n jaar toe met alles wat goed, gunstig, geseënd en kosbaar is. Ons kinders staan ook op die drumpel van hierdie nuwe jaar en vir hulle wat gelukkig genoeg was om verlede jaar se Ignite kamp by te woon, is dit ’n gulde geleenthede om toe te pas wat hulle geleer en ervaar het.

Die kampe se temas het gehandel oor vryheid wat ons binne ons eie lewens ervaar en hoe om ten spyte van uitdagings God se wil en droom vir my lewe tasbaar te maak. Die kinders het geleer deur hulle persoonlike lewenservaring met mekaar te deel; saam baljaar; perd gery; God geloof en prys en die belangrikste van alles, tyd saam met Hom spandeer.

Jy het ’n besonderse stuk in die PEN-legkaart kom volmaak verlede Desember. Ons is dankbaar vir elkeen se bydrae wat gehelp het om die Ignite Kamp verlede jaar moontlik gemaak het. Dankie vir elke donasie, vir elke aanbod om vir iets spesifiek te bid en natuurlik vir die lekkers, pakke koekies en hope liefde wat ons ontvang het.

Ons deel graag “Mpho”, een van ons kinders, se ervaring:

“I only saw horses in the magazines and books we get in school. Riding a horse was so scary and I almost didn’t. You know what, I got on the back of a horse and I wasn’t scared anymore! The group leaders told us that we can get free and conquer all those things we are afraid of just like getting on the horse’s back. The music was great and we had a lot of worship time. God is good and thank you PEN! I will never ever forget this!”.

Duisend dankies en weet gerus dat jy ’n kind se hart verander het verlede Desember! Seëninge vir jou!